Trits: Mis, Mirakel, Drif: Drama en aantekeninge: Graad 12
Trits: Mis, Mirakel, Drif: Drama en aantekeninge: Graad 12
Description
Die vervlegting van die naiewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot 'n drieluik, 'n musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. Al die "verlore persone" ontsnap uit 'n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van "teater" en 'n reeks "towenaars" die buitengewone, dog gevaarlike wereld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk 'n spesifieke atmosfeer het. Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede trilogie waarin sy noukeurig gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra. Hierdie uitgawe help Afrikaans Huistaal-leerders met hul voorbereiding vir die Nasionale Graad 12-eksamen.